|
Tuisblad
|
Kontak
|
Roete
|
Nuus
|
Trust
|
Aktiwiteite
Struwig Reservaat
Reservaat Geriewe
Verblyf Tariewe
Besprekings - Aansoek
Registreer
Foto Gallery
Nuus
Trust
Voorwaardes
Kontak
Reservaat Geriewe
Die Struwig Eko-Reservaat is die ideale plek vir alles van ‘n gesinsvakansie, familie wegbreek en jou besigheid se beplanningsgeleentheid, tot gemeente-, manne-, vroue-, en jeugkampe.
Ons beskik oor 10 chalets (2 tot 9 bed), en die eenhede is toegerus met ‘n eie kombuis en badkamer. Elke eenheid het sy eie braaiplek. Daar is ook ‘n rolstoel vriendelike eenheid.
‘n Groot gemeenskaplike kombuis is beskikbaar vir groter groepe. Ons Jeugkompleks is ideal vir jeugkampe en konferensies. Dit is ’n pragtige grasdak kompleks met slaapplek vir tot 36 persone.
Ons het ‘n pragtige sentrale lapa met ‘n braai area wat uitkyk oor die Olifantsrivier. Die rivier word saans verlig en dit is dus nie ongewoon om te sit en diere kyk terwyl gebraai word nie.
‘n Konferensiekamer is beskikbaar vir vergaderings en dit is toegerus met ‘n televisie, DSTV dekodeerder en satelliet skottel. (Bring eie DSTV kaart indien dit in ʼn ander dekodeerder gebruik kan word.) Hierdie fasiliteite moet vooraf by die bestuurder bespreek word.
Die toegangspad tot by Struwig kan met tye redelik ongelyk wees, maar dit word aktief onderhou en is toeganklik met ‘n gewone sedan motor. Alle wild besigtiging op die reservaat word met die reservaat se eie besigtigingsvoertuie en gidse gedoen.
Die reservaat is ten volle selfsorg, geen kos word voorsien nie. Bring ook eie handdoeke. Aangesien Struwig in ‘n natuurreservaat geleë is word geen troeteldiere toegelaat nie. Dit is in ‘n Malaria gebied geleë. Tref asseblief die nodige voorsorg.
Tuisblad
|
Kontak
|
Roete
|
Trust
|
Foto Gallery