|
Tuisblad
|
Kontak
|
Roete
|
Nuus
|
Trust
|
Aktiwiteite
Struwig Reservaat
Reservaat Geriewe
Verblyf Tariewe
Besprekings - Aansoek
Registreer
Foto Gallery
Nuus
Trust
Voorwaardes
Kontak
Struwig Eko-Reservaat
Struwig Eko-Reservaat is geleë in die Balule reservaat, wat deel uitmaak van die Groter Kruger Nasionale Park eko-sisteem. Dit beteken dat alle heinings oor ‘n gebied van meer as twee miljoen hektaar verwyder is, sodat die natuurlike beweging van diere herstel is. Ongelukkig beteken dit nie dat daar direk deur die gebied na die Kruger Wildtuin gery kan word sonder on deur die amptelike toegangshekke te gaan nie.
Ons beskik oor meer as vier kilometer se rivier front langs die Olifantsrivier, een van Suid-Afrika se grootste riviere. Hier baljaar olifant, krokodil en seekoei in die koel water, terwyl leeus ons snags serenade. Ja, al die lede van die Groot 5 kom vrylik op Struwig voor … maar nog soveel meer !
Struwig is ‘n voëlkyker paradys! Visarend, sneeubal, ‘n magdom visvangertjies, sysies, watervoëls en as jy gelukkig is … die seldsame Visuil.
Hardekool, maroela, sambokpeul en reuse jakkalsbessies op die oewer. Kameelperd, Njala, koedoe, waterbok, sebra, buffel, muskeljaatkat of luiperd in die bos ...
Wat Struwig verder besonders maak is ons eksklusiwiteit!
Ons grond word nie oorval deur groot groepe besoekers, sodat jy feitlik moet vuis slaan om behoorlik te kan sien nie! Die ervaring sal een van natuur, stilte en rustigheid wees, nie die gedrang van mense en motors nie. Ons bied die eksklusiwiteit wat net sommige van die top reservate in Suid-Afrika kan bied, maar teen ‘n tarief wat die gemiddelde Suid-Afrikaner nog kan bekostig!
Ons nooi u:
Kom beleef God se skepping op ‘n nuwe manier. Kom kyk wild in ons luukse wildsbesigtigingsvoertuig. Verken saam met ‘n gewapende gids die wonder van die bosveld te voet. Kuier snags om ‘n bosveldvuur terwyl u oor die Olifantsrivier uitkyk. Of kom rus net onder ‘n majestieuse Jakkalsbessie boom.
Bespreek die unieke wegbreek vandag nog!
Tuisblad
|
Kontak
|
Roete
|
Trust
|
Foto Gallery