VANAF HOEDSPRUIT:
1. Komende vanaf Ohrigstad: Ry oor die treinspoor uit Hoedspruit uit.
2. Gaan oor die kruising gemerk: “Phalaborwa” links, en “Bosbokrand” regs. Hierdie pad is gemerk “Militêre Pad”.
3. Draai links by die volgende kruising gemerk: “Drakensig” links, en “Lugmag basis” regs.
4. Draai regs af op die grondpad, 100m na kruising. Hier sal u die eerste bordjie kry, gemerk; “Struwig Eko-Reservaat” (U ry sowat 40km met hierdie grondpad tot by die kamp).
5. Van hier af is die pad duidelik gemerk met bordjies.
6. Hou links by die vurk
7. Ry oor die eerste treinspoor en volg die pad al langs die tweede treinspoor af.
8. Gaan na +/- 13km deur die hek van “Balule”. (24 uur per dag beman).
9. Volg die pad oor die treinspoor (+/- 16km) en weer terug (+/- 3km).
(by bordjies)
10. Draai regs weg van die treinspoor af by die bordjie (+/- 800m).
11. Volg hierdie pad vir +/- 7km tot by die kamp.
12. Neem asb. in ag dat hierdie pad `n uur tot `n uur-en-`n-half neem om te ry.