|
Tuisblad
|
Kontak
|
Roete
|
Nuus
|
Trust
|
Aktiwiteite
Struwig Reservaat
Reservaat Geriewe
Verblyf Tariewe
Besprekings - Aansoek
Registreer
Foto Gallery
Nuus
Trust
Voorwaardes
Kontak
Ontstaan
Benutting
Struwig Eko-Reservaat het sy ontstaan te danke aan die visie van Mnr. P.C. Struwig. Oom Struwig en sy vrou was kinderloos, maar wou graag hulle eiendom nalaat aan die jeug van Suid-Afrika. In sy testament het hy dus die grond wat vandag bekend staan as Struwig Eko-Reservaat, sowel as ‘n paar ander eiendomme, in ‘n trust geplaas wat beheer sou word deur verteenwoordigers van sekere jeug en kultuur-organisasies.
Sy visie was dat hierdie grond sou dien as ‘n plek waar die mense van Suid-Afrika sou kom ontspan en die wonder van die Afrika bos kon geniet.
Ná ‘n ingewikkelde ontstaansgeskiedenis, het dit vandag gekristaliseer dat Struwig Eko-Reservaat bestuur word deur ‘n trust bestaande uit verteenwoordigers van die Rapportryers, Die Voortrekkers en die Nederduitse Gereformeerde Kerk (Jeug).
Struwig is oop vir enige persoon om te kom besoek. Daar word wel voorkeur tariewe gegee vir lede van die Voortrekkers, Rapportryers en Nederduitse Gereformeerde Kerk. Ons tariewe is egter van so ’n aard dat dit ’n bekostigbare wegbreek vir almal bied! Nêrens anders sal hierdie tipe eksklusiewe natuur ervaring teen hierdie prys gekry word nie!
Struwig is natuurlik ideaal vir ‘n gesinsvakansie, maar is net so geskik dat organisasies kampe, seminare, kursusse en beplanningsgeleenthede hier kan kom aanbied.
Hoekom nog wag?
Tuisblad
|
Kontak
|
Roete
|
Trust
|
Foto Gallery