Struwig Eko-Reservaat

Waar Afrika nog Wild is

Voorblad

Tuisblad

Reservaat

Aktiwiteite

Geriewe

Roete

Tariewe

Kontak

Trust

Fotos en Nuus

Aktiwiteite

Struwig Eko-Reservaat

Text Box:

Waar Afrika nog Wild is

WILDSBESIGTIGING

Kom geniet eksklusiewe wildsbesigtiging sonder die gedrang van ander voertuie, omdat geen privaat voertuie op wildsritte toegelaat word nie. ‘n Gids neem jou in ons wildsbesigtigingsvoertuig om die diere van nader te gaan bekyk. Ons het ryregte op meer as 4000 hektaar in die Balule en Klaserie.

 

STAPGELEENTHEDE

Stap saam met ‘n gewapende gids, en ontdek die wonder van die klein dingetjies en beleef die adrenalien van die grotes!

 

BOSBRAAI OF PIEKNIEK

Reël met die bestuurder vir ‘n spesiale kuier geleentheid in die hart van die Afrika bos, met net ‘n reuse Jakalsbessie boom as jou afdak.

 

SWEM

Ons het ‘n heerlike swemdam, waar mens kan afkoel, terwyl jy die olifante in die rivier dophou.

 

VLUGBAL

Ons het ‘n vlugbalbaan, en daar is ook ‘n groot grasperk waar die kinders kan hardloop en speel.

 

NAGRITTE

Gaan soek die seldsamer diere, en beleef terselfdertyd die wonder van die sterreprag bokant jou.

 

VOëLKYK

Struwig wemel van die voëls.  ‘n Groot verskeidenheid bosveld en water voëls is altyd in die omgewing. Roofvoëls kom in groot getalle voor.  Die seldsame Visuil is ook al hier opgemerk … maar ons waarborg niks nie!

 

SANDPUT en SPEEL AREA

Vir die kleuters is daar ‘n lekker sandput en speel area om in te baljaar. Ons het ook die beste swaai ooit!