Struwig Eko-Reservaat

Voorblad

Tuisblad

Reservaat

Aktiwiteite

Geriewe

Roete

Tariewe

Kontak

Trust

Fotos en Nuus

Text Box:

Waar Afrika nog Wild is

ONTSTAAN

Struwig Eko-Reservaat het sy ontstaan te danke aan die visie van Mnr. P.C. Struwig.  Oom Struwig en sy vrou was kinderloos, maar wou graag hulle eiendom nalaat aan die jeug van Suid-Afrika.  In sy testament het hy dus die grond wat vandag bekendstaan as Struwig Eko-Reservaat, sowel as ‘n paar ander eiendomme, in ‘n trust geplaas wat beheer sou word deur verteenwoordigers van sekere jeug en kultuur gebasseerde organisasies.

 

Sy visie was dat hierdie grond sou dien as ‘n plek waar die mense van Suid-Afrika sou kon kom ontspan en die wonder van die Afrika bos sou kon geniet.

 

Ná ‘n ingewikkelde ontstaansgeskiedenis, het dit vandag gekristaliseer dat Struwig Eko-Reservaat bestuur word deur ‘n trust bestaande uit verteenwoordigers van die Rapportryers, Die Voortrekkers en die Nederduitse Gereformeerde Kerk (Jeug).

 

BENUTTING

Struwig is oop vir enige persoon om te kom besoek.  Daar word wel voorkeur tariewe gegee vir lede van die Voortrekkers, Rapportryers en Nederduitse Gereformeerde Kerk. Ons tariewe is egter van so ’n aard dat dit ’n bekostigbare wegbreek vir almal bied!  Nêrens anders sal jy hierdie tipe eksklusiewe natuur ervaring teen hierdie prys kry nie!

 

Struwig is natuurlik ideaal vir ‘n gesinsvakansie, maar is net so geskik dat organisasies kampe, seminare, kursusse en beplanningsgeleenthede hier kan kom aanbied.

 

Waarvoor wag jy?

PC Struwig Trust